KYK: Baba dood en voetgangers omgery deur vermeende dronkbestuurder

Skermgrep. IOL

KAAPSTAD. – ’n Beweerde dronkbestuurder se motor het die pad verlaat, deur ’n groep voetgangers geploeg en ’n baba wat in ’n karstoeltjie langs ’n motor was, gedood.

Strafbare manslag en dronkbestuur

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê ’n man is in hegtenis geneem vir strafbare manslag en dronkbestuur nadat sy voertuig teen ‘n ander voertuig gebots het en ‘n baba noodlottig beseer het. Van Wyk sê vier voetgangers is ook tydens die voorval ernstig beseer.

Video wat die voorval wys

’n Video van die voorval is ook op verskeie platforms gedeel. Die video wys hoe die Toyota Avanz met ’n spoed die pad verlaat en op die sypaadjie ry. Die motor kom na ’n rukkie hier tot stilstand. Die motor ry met ’n hoë spoed deur die mense op die sypaadjie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: