April 18, 2021

Horner-moordverdagtes terug in hof

SENEKAL. – Sekwetje Mahlamba, (32) en Sekola Matlaletsa, (44) verskyn vandag weer in die hof nadat hulle op 3 Oktober vir die moord op die plaasvoorman Brendin Horner (21) in hegtenis geneem is.

Beweerde veediefstal

Matlaletsa is op 23 Oktober op borg van R5000 vrygelaat. Net na sy vrylating is hy weer vir beweerde veediefstal in hegtenis geneem. Albei die verdagtes pleit onskuldig vir die moord op Horner.

Met bloedkolle

Horner se liggaam is op 3 Oktober op De Rots-plaas aan ’n paal vasgemaak, ontdek. Die polisie het op die toneel beslag gelê op ‘n mes. Horner se bakkie is later verlate met bloedkolle aan die binnekant gevind.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: