Deacon-moorde: Saak tot 2021 uitgestel

Foto: SA Updates

Die vermeende moordenaars van die twee sakevroue van Polokwane sal teen Kersfees vanjaar nog agter tralies wees.

Hettie (79) en haar dogter, Lizette (55), is op 10 September laatmiddag in hulle meenthuis in Welgelegen aangeval, waarna hulle vasgebind is. Hulle is verskeie kere met messe gesteek voor hulle in die kattebak van Lizette se motor gegooi is. Hulle lyke is ure later langs die pad in die motor gevind.

Sophie Mmako (51) een van die vermeende moordenaars en ook die Deacons se jarelange huishulp, het Vrydag vir die tweede maal in die landdroshof aansoek om borgtog gedoen.

Mmako en Casper Mudau (35), Advanced Amid (30) en Lazarus Mahlo (41) staan tereg weens die moorde op die ma en dogter.

Hulle het Maandag in die landdroshof verskyn, maar die saak is uitgestel tot 28 Januarie 2021.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: