April 18, 2021

Man wat polisielid glo vermoor en ontsnap, weer in hegtenis

MUTALE – ’n Man wat vermoedelik Vrydag ’n 57-jarige adjudant-offisier in Mutale, Limpopo vermoor en toe uit die polisieselle ontsnap het, is Sondag weer in hegtenis geneem.

Die adjudant-offisier is gedurende dié voorval verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek voor die man sy sleutels gevat en geld uit die kluis gesteel het en ontsnap het. Lees die vorige berig hier.

Oor die verdagte sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, ’n span ondersoekbeamptes het inligting ontvang dat die verdagte se oom hom na ’n tradisionele geneser geneem het. Hulle het Sondagoggend toegeslaan en hom in hegtenis geneem.

Die polisie het die vermeende moordwapen, die sleutels en die geld wat uit die kluis geneem is, gekonfiskeer.

Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Mutale-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: