April 18, 2021

Soektog vir ontsnapte gevangene wat glo beampte vermoor

LIMPOPO. – Die polisie in Mutale buite Thohoyandou in die Vhembe-distrik het ’n soektog vir ’n gevaarlike gevangene van stapel gestuur wat na bewering Vrydagmiddag 27 November 2020 omstreeks 16:30 ’n beampte (57) in die polisieselle doodgemaak het en daarna ontsnap het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die oorledene het die selle gereeld besoek en is deur die verdagte aangeval, wat hom verskeie kere gesteek het. “Die verdagte het die sleutels by die oorledene geneem en geld uit die kluis gesteel voordat hy ontsnap het.”

Sake van moord, roof en ontsnapping uit wettige aanhouding is geopen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: