April 18, 2021

Bedrieër maak valse FiND IT-blad oop

SUID-AFRIKA. – FiND iT nuus loop deur onder ’n bedrieër wat ’n valse Find it nuus-profiel op Facebook oopgemaak het.

Die profiel deel FiND iT se artikels as sy eie en hou ook namens FiND iT kompetisies.

Selfs FiND iT se Facebook-blad se foto en hooffoto is gesteel om op die profiel te gebruik.

“FiND iT distansieer homself van die profiel. As verbruiker moet jy altyd seker maak die profiel en bladsye wat jy volg, is nie bedrieglik nie. FiND iT se maatskappy-inligting, asook kontakbesonderhede is op ons webtuiste, Facebookprofiel, Twitter, Instagram en ander sosiale blaaie, beskikbaar,” verduidelik Jana Grobbelaar, inhoudsdirekteur van Dottry Media (Pty) Ltd, waaronder FiND iT Nuus val.

“Dit gebeur van tyd tot tyd. Ek het al verskeie kere in my loopbaan met aanlyn-‘trolls’ en ‘hackers’ te doen gehad. Dit is altyd ’n onaangename ervaring, maar dit is die tyd waarin ons leef. Ek sien dit nou maar as ’n kompliment.”

Grobbelaar se raad aan verbruikers is om self navorsing te doen. “Moet nooit net inskryf vir iets, jou besonderhede aanlyn invul, of vreemde mense antwoord nie. Doen navorsing, gaan kyk eers of jy die persoon op ander platforms kry, kyk of die onderneming regtig bestaan, maak seker die onderneming het ’n wettige e-pos adres. Ek het selfs al gevind dat ondernemings voorgestel word deur individue – alles word dan gesteel – die e-pos handtekening, die webtuiste se naam, die handelsmerk. Maar jy kan nie die e-pos adres vervals nie. So moenie net blindelings op ’n e-pos reageer wat enige mens kon oopmaak in sy eie naam nie.”

FiND iT se offisiële Facebook blad is FiND iT nuus en jy kan dit hier volg.

Skermgreep van valse profiel
Skermgreep van valse profiel

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: