Man glo tydens padwoede doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – ’n Man (26) is na bewering tydens ’n padwoede-woordewisseling deur ’n ander motoris se meisie doodgeskiet.

SABC-nuus berig die verdagte (43) het glo die slagoffer geskiet waarna hy daarin geslaag het om na die naaste besigheid te hardloop. Hy het daar aan sy beserings beswyk. Tydens die skietery het die verdagte na bewering ook haar kêrel geskiet.

Moord en poging tot moord

Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die verdagte het van die toneel gevlug, maar is later deur die polisie in hegtenis geneem. Volgens Gwala is ’n saak van moord en poging tot moord geopen. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Volg FiND iT hier.