April 21, 2021

KYK: Polisiekonstabel op aanklag van dronkbestuur in hegtenis

Foto: Skermgreep

WOLMARANSSTAD – ’n Saak van dronkbestuur en nalatige bestuur word ondersoek na ’n video van ’n polisiekonstabel wat klaarblyklik onder die invloed is terwyl hy ’n motor inspekteer, op sosiale media aangestuur is.

Klik hier om na nog ’n deel van die video te kyk.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat die konstabel nie in ’n toestand was om die motor te bestuur nie.

Die konstabel is in hegtenis geneem en op borgtog van R500 vrygelaat. Hy verskyn vandag weer in die landdroshof op Wolmaransstad.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: