Die Noord-Kaapse departement van gesondheid het die nuutste Covid-19-syfers in die provinsie bekendgemaak.
Daar is nou 23 185 positiewe gevalle, waarvan 20 674 van die virus genees is. Daar is 2 196 aktiewe gevalle van die virus in die provinsie.
Die sterftesyfer staan op 313.



