Man in hegtenis na bylmoorde

Deel hierdie storie / Share this story

OOS-KAAP – Die polisie het ’n 32-jarige man in hegtenis geneem ná ’n ma en haar vyf kinders met ’n byl doodgekap is.

Die man se inhegtenisname volg binne 24 uur na die moorde. Lees hier meer oor die moorde.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê lede van die ondersoekspan wat aangestel is om na die moordenaar te soek, het inligting ontvang wat hulle na ’n woonstel gelei het wat glo behoort aan ’n familielid van die verdagte. Die verdagte is daar aangekeer.

Die verdagte, wat ’n Zimbabwiër is, is nog nie deur die polisie oor die gru-moorde ondervra nie.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Mqanduli-landdroshof op ses aanklagte van moord verskyn.