Ma en vyf kinders doodgekap met byl

OOS-KAAP. – ’n Vrou en haar vyf kinders, onderskeidelik tussen 6 maande en 10 jaar, is dood in hulle huis aangetref met ’n byl wat op die toneel gevind is.

Volgens Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, is die ma en kinders met die byl doodgekap. Die bure het die polisie ontbied toe hulle vermoed daar is iets verkeerd by die huis waar die slagoffers bly.

Tragiese gebuere

Die polisie het die ses liggame in ’n plas bloed gevind. Lt.genl. Liziwe Ntshinga sê dis hartseer om te dink die voorval het op die openingsdag van 16 dae van aktivisme plaasgevind. Kinana sê die motief vir die tragiese gebeure is nog onbekend. Die ondersoek duur voort.

Kinana sê die man en pa van die vyf kinders het intussen spoorloos verdwyn. Sy vra die gemeenskap se hulp om die man op te spoor, want hy kan moontlik inligting oor die voorval hê.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *