Jennifer Lopez se nuwe enkelsnit, wat sy Woensdag bekend gestel het, trek nie aandag vir die liedjie self nie, maar vir die omslagfoto.
Dit is ’n foto van die 51-jarige sangeres en aktrise met niks minder as ’n uitdagende houding nie.
Haar rondings en spiere – wat sy nodig het om haar uitgebreide dansroetines te doen, soos die omstrede een wat sy tydens die Amerikaanse musiektoekennings vandeesweek uitgevoer het – is volledig sigbaar.
Jennifer het in menige onderhoud gesê om te dans maak haar gelukkig en dit lyk of sy die vrugte daarvan pluk!




