April 21, 2021

Lykshuiswerknemer afgedank oor selfie met liggaam van sokkerster

’n Werker van ’n begrafnisonderneming wat die taak gehad het om Diego Maradona se liggaam voor te berei vir die sokkerlegende se begrafnis, is nou sy werk kwyt nadat hy ’n selfie saam met die lyk geneem het.

Die werker het na bewering na die oop kis van Maradona gekruip en ’n “thumbs up” selfie geneem. Die woedende eienaar van die begrafnisonderneming in Buenos Aires, het die man onmiddellik afgedank.

Diego Maradonna (60), die legendariese Argentynse sokkerster, is Woensdag 25 November dood nadat hy ’n hartaanval gehad het. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: