April 19, 2021

Postmasburg-verkragter gevonnis

POSTMASBURG. – Abakwe Dikope (25) is tot 20 jaar tronkstraf vir die verkragting van ’n vrou (42) gevonnis.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer, haar suster en haar vriendin is op 4 November 2017 om 18:00 na ’n funksie genooi en het drankies geniet. “Om 21:00 het hulle die perseel verlaat en in teenoorgestelde rigtings gegaan. Toe die slagoffer alleen huis toe stap, is sy deur die beskuldigde van agter gegryp, in ’n tuin ingetrek, aangerand, verkrag en op die grond gelos.”

Die slagoffer kon haar tante in kennis stel wat op haar beurt die polisie in kennis gestel het.

Die beskuldigde het op 25 November 2020 in die streekhof in Postmasburg verskyn en is tot 20 jaar gevonnis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: