Vier in hof na Kaapse skietery

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD – Vier verdagtes is in hegtenis geneem na sewe mense in ’n skietery op ’n stasieplatform in die middestad van Kaapstad beseer is.

’n Vrou in ‘n rolstoel is onder die sewe beseerdes.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die polisie kon Dinsdag die vier verdagtes vastrek. Nog een van die verdagtes is kort na die skietery deur ’n verkeersbeampte vasgetrek.

Die verdagtes verskyn vandag in die Kaapse landdroshof en staan tereg op aanklag van poging tot moord.