KIMBERLEY. – ’n Mediabemarker (27) van ’n plaaslike hoërskool het vandag weer in die Kimberley-landdroshof op aanklag van kinderpornografie verskyn.
Die saak is tot 15 Desember 2020 uitgestel.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het op ’n vorige geleenteheid gesê die polisie ondersoek ’n saak van kinderpornografie ingevolge die wet op film en publikasie.



