April 18, 2021

Man woon meubels en al vir twee maande op graf

Foto: Brakpan Herald

BRAKPAN – ’n Man (29) wat vir die afgelope twee maande op ’n familiegraf in ’n begraafplaas in Brakpan gewoon het, is ná hy in ’n koerant raakgesien is, van die graf verwyder en in ’n hospitaal opgeneem.

Brakpan Herald berig Nicolas Masha is vir waarneming in ’n plaaslike hospitaal opgeneem na die familielede van die persone op wie se graf hy woon, Dinsdagoggend by sy ‘woonplek’ opgedaag het.

“Ons het te hore gekom van die persoon wat op ons familielede se graf bly en natuurlik was dit vir ons ’n groot skok,” sê Lerato Sedibe aan Brakpan Herald. “Dit het egter gou duidelik geword dat die persoon hulp nodig het en ons wens is dat hy die nodige hulp en bystand sal ontvang.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: