April 21, 2021

Woolworths vra om verskoning na model-debakel

Woolworths het amptelik om verskoning op hulle Facebook-bladsy gevra na hulle ’n advertensie, wat ’n homoseksuele model vertoon, verwyder het.

Woolworths het die advertensie verwyder as gevolg van haatspraak waar mense lelike kommentaar oor die model, Githan Coopoo, gelewer het.

Githan Coopoo het op hom op sy eie Instagram-profiel uitgespreek oor die haatspraak en gesê dit het hom baie lank gevat om kommentaar daarop te lewer. “Daar is ’n baie unieke gevoel van skaamte aan hierdie ervaring. Dit het my daarom verhinder daarom met iemand te deel totdat ongeveer ’n week verby was. Hierdie gevoel was so bekend, dit was een wat ek van laerskool af so goed geken het.”

Menige mense van die Indiër-gemeenskap het gevoel die boelies moet eerder deur Woolworths aangevat en geblok word.

Woolworths het op hul blad gesê: “’n Paar weke gelede het ons hierdie fantastiese beeld van die juwelierontwerper en kreatiewe Githan Coopoo gebruik om mode in ons somerreeks te bevorder. Die advertensie het baie afknouery en beledigende kommentaar gelok, wat ons as onaanvaarbaar beskou. Ons wou nie die negatiwiteit huisves nie, dus het ons die advertensie onderbreek. Dit was ’n fout en ons moet vir beide Githan en diegene wat deur hierdie aksie seergemaak word, om verskoning vra. Ons moes eerder die boelies vinniger en vollediger verwyder, blokkeer en verbied het.”

Lees die vorige artikel hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: