Twee broers in kop geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Aanvallers het twee broers in Himalaya-rylaan in Shallcross genader en hulle gedood deur hulle in die kop te skiet.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die polisie is na die toneel ontbied nadat die polisiekantoor ’n klag ontvang het. Volgens Gwala het die polisie die twee slagoffers op die vloer met skietwonde in die koppe gevind. Die een broer is op die toneel dood verklaar terwyl die nader een later in die hospitaal oorlede is.

Onbekende aanvallers

Daar word die beweer die twee onbekende aanvallers het die boers genader en op hulle begin skiet. Gwala sê die verdagtes het van die toneel met ’n wegkommotor gevlug. Die polisie het later ’n verlate motor langs die N12 gevind, maar dit kon nog nie met die voorval verbind word nie.

Volg FiND iT hier.