PORT ELIZABETH. – Die lyke van Mark Damons (50) en sy vriendin, Tersia Malgas (42) is vanoggend met skietwonde aan hulle koppe op hulle bure se stoep gevind. Net ’n paar tekkies word vermis.
Sy tekkies wou steel
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê al wat vermis is, is Damons se tekkies. Naidu sê die familie het aan die polisie gesê hy het die dag voor die aanval die tekkies gekoop. Volgens Naidu kan dit wees dat Damons teen die aanvallers wat sy tekkies wou steel, wou baklei. Daar kan nog nie gesê word of roof die motief vir die moorde was nie, want Damons se geld in sy broeksak is nie gesteel nie.
Skote gehoor
Die eienaar van die huis het gesê sy het net na middernag skote gehoor. ’n Paar uur later het sy die twee op die stoep gekry. Naidu sê dit is nog nie duidelik hoekom die twee op die bure se stoep was nie.
Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om inligting wat hulle in die moordsaak kan help aan die polisie te gee.
Volg FiND iT hier.



