April 19, 2021

Sewe mense dood nadat hulle glo ontsmettingsmiddel drink

RUSLAND. – Sewe mense het hul lewens verloor nadat hulle glo ontsmettingsmiddel by ’n partytjie gedrink het toe die alkohol opraak.

Volgens iheartintelligence het twee van die mense in ’n koma gegaan nadat hulle die vloeistof gedrink het. Altesaam nege mense het die ontsmettingsmiddel, wat 69% metanol bevat, gedrink.

’n Ondersoek is geopen en owerhede het mense gewaarsku om nie ontsmettingsmiddels te drink nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: