Man buite winkelsentrum geskiet

Foto: Netcare 911
DURBAN. – ’n Man is by ’n winkelsentrum hier geskiet toe hy en nog ’n persoon kontant by ’n kitsbank wou trek.
Skietwond aan die arm
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê nooddienste is na die toneel ontbied. Die slagoffer het ’n skietwond aan sy arm opgedoen. Daar word beweer die slagoffer is van ’n onbekende bedrag geld beroof. Volgens Herbst is die slagoffer na ’n hospitaal geneem.
Twee verdagtes
Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer is beseer toe die twee verdagtes die twee mans, wat by die bank gestaan het, van hulle geld beroof en skote begin afvuur het.
Volg FiND iT hier.