AfriForum het vanoggend om 09:00 klagtes teen Julius Malema vir intimidasie en aanhitsing van geweld ingedien ná die EFF se dreigemente aan polisielede en hulle gesinne.
Ernst Roets, AfriForum se adjunkhoof, het Dinsdag aangekondig hulle gaan kriminele klagtes teen Malema lê.
Bheki Cele, minister van polisie, het Maandag gereageer op die EFF se dreigemente dat hulle van deur tot deur sal gaan om polisiebeamptes en hulle gesinne in hulle huise uit te daag.
“Hier het hy die lyn oortree,” sê Cele. “Hier het hy regtig die lyn oortree. Hulle dink die polisie gaan net terugsit en hulle arms vou. Die polisie se werk is om te beskerm, te voorkom, ondersoek in te stel en seker te maak die wet word gehoorsaam.”



