Vyf in hegtenis na die moord op prins Lethukuthula Zulu

Deel hierdie storie / Share this story

RANDBURG. – Vyf verdagtes is vir die moord op King Goodwill Zwelithini se seun, Prince Lethukuthula Zulu, in hegtenis geneem.

Verdagtes het hom toe beroof

Phindi Mjonondwane, polisiewoordvoerder, sê Zulu se liggaam is op 6 November 2020 deur sy veiligheidswagte in sy huis in die Northwold-kompleks ontdek. Mjonondwane sê daar word beweer Zulu was bedwelmd en die verdagtes het hom toe beroof. Die verdagtes is tussen die ouderdomme van 20 en 45.

Uitgestel

Die saak is tot 30 November uitgestel. Dit gee die die beskuldigdes tyd om regsverteenwoordiging by Legal Aid South Africa te kry.

Volg FiND iT hier.