Skare kry verdagte beet

Foto: SA polisie
LIMPOPO. – Die polisie in Limpopo moes die verdagte in die moord op ‘n meisie (3) van ‘n woedende skare red na hy ernstig deur hulle aangerand is.
Angerand
Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê die verdagte (27) is Maandagmiddag in hegtenis geneem nadat hy op ’n plaas in die omgewing geskuil het. Volgens Ngoepe het die eienaar van die plaas lede van die gemeenskap ingelig oor die verdagte wat moontlik daar skuil. Hy sê die woedende mense het toe die verdagte na ’n bos geneem en aangerand. Die polisie is na die toneel ontbied en hulle moes die verdagte van die skare red.
Spoorloos verdwyn
Melania Ndacha Ruben is verlede week in die sorg van bure gelos. Sy het daarna spoorloos verdwyn en haar liggaam is later in ’n rivierstroom gevind. Sy het wonde aan haar liggaam gehad.
Volg FiND iT hier.