Stootwaentjie-veiligheid vir die somer

Deel hierdie storie / Share this story

Kenners meen jy moenie ’n babakombersie in die somer oor jou kind se stootwaentjie gooi nie. Alhoewel dit mens se eerste reaksie is om hulle teen die son en die hitte te wil beskerm, kan dit erger skade doen.

Studies het bewys dat wanneer ’n stootwaentjie met ’n kombersie, hoe dun ook al, toegemaak word, kan die temperatuur tot en met 15°C binne ’n uur styg.

Kenners beveel ouers aan om eerder te vermy om ’n stootwaentjie of karstoeltjie met ’n kombers of laken te bedek, want dit kan ’n onveilige en warm omgewing vir baba met min lugvloei skep.

Lees meer artikels hier.