April 21, 2021

Man deur huisvenster op kleinhoewe doodgeskiet

Foto: Facebook

PRETORIA. – Anton Kleyn (61) van Boschkop is Maandagaand op ’n kleinhoewe oorval en doodgeskiet.

Kleyn is saam met sy maat, Aubrey du Plessis (45), deur drie aanvallers oorval. Een van die aanvallers het buite gestaan en deur die venster op hulle geskiet. Kleyn is in die bolyf geskiet terwyl Du Plessis in die bobeen getref is. Kleyn is op die toneel dood verklaar.

Poging tot moord

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê ’n televisiestel en twee selfone is gesteel. ’n Saak van poging tot moord en moord word deur die polisie ondersoek. Volgens Makhubele is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: