Polisie lê beslag op R1.1 m se dwelms

Fott: SAPD

LAINGSBURG. – Die polisie wou ’n bestuurder tydens ’n padblokkade vir sy persoonlike inligting vra toe hy uitklim em weghardloop. Die voertuig is deursoek en 54 sakke dagga is gevind.

In hegtenis geneem

Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê die 54 sakke het sowat 585 kg geweeg en dit het ’n staatwaarde van R1,1 miljoen. Die dwelms is in die sleepwa van die Toyota Quantum-minibustaxi gevind. ’n Vrou (26) is later in hegtenis geneem, want die dwelms het glo aan haar behoort.

Dwelmhandel

Die vrou sal na verwagting op aanklag van dwelmhandel in die hof verskyn. Volgens Spies is die bestuurder van die taxi nog nie aangekeer nie en die soektog na hom duur voort.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: