April 21, 2021

Kinders verbrand alleen in huis

Foto: Canva

POLOKWANE. – Drie kinders tussen die ouderdom van vyf maande en twee jaar het in ’n huis verbrand terwyl hulle alleen gelaat is.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê die ma van die kinders het na bewering die huis verlaat om kos te gaan koop. Iemand het haar gesê haar huis is aan die brand waarna sy terug huis toe gejaag het. Volgens Ngoepe was die hele huis in vlamme toe die vrou daar opdaag.

Op die toneel dood verklaar

Die polisie en brandweer is na die toneel ontbied. Die ma het die nooddienste in kennis gestel dat haar drie kinders binne die huis is.  Die drie kinders se liggame is uit die brand gehaal, maar hulle is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag. Die oorsaak van die brand word ook ondersoek.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: