April 19, 2021

Nóg ’n vraestel lek uit

Foto: Unsplash

‘n Tweede vraestel, dié keer vir fisiese wetenskap, het uitgelek voor die eksamen afgelê kon word.

So het die departement van onderwys Maandagaand aangekondig. Dit volg na ’n Wiskundevraestel ook voor die eksamen uitgelek het.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame en Suid-Afrikaanse Skole, sê daar moet gesoek word na diegene wat die vraestelle laat uitlek.

Die Valke is reeds besig met ondersoek om vas te stel wie diegene is wat veroorsaak het dat die Wiskundevraestel uitlek en kon reeds moontlike swakplekke vasstel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: