Ma gee op dak geboorte

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – ’n Swanger vrou wat besig was om geboorte te gee, moes na bewering ’n dak probeer oorsteek omdat dit die enigste manier was om uit die erf te kom.

Klaar geboorte geskenk

Met die brandbestryders van Belhar se aankoms het die vrou klaar geboorte geskenk. Die brandweer het net die naelstring afgebind en toe afgeknip. Jermaine Carelse, woordvoerder van Kaapstad se brandweer-en-reddingsdiens, sê die hek van die perseel was na bewering gesluit en die vrou het geen ander keuse gehad as om op die dak te klim om uit die erf te kom nie.

Gemonitor

Die baba is gemonitor totdat ’n reddingsvoertuig opgedaag het. Die ma en die baba is van die dak afgehelp en na ’n hospitaal geneem.

Volg FiND iT hier.