Vragmotor ry glo oor twee meisies

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Een meisie van Mitchells Plein wat glo gereeld op vragmotors gespring  het en daaraan gehang het, is dood nadat sy deur die vragmotor verbrysel is. Haar vriendin, wat ook na bewering gereeld aan vragmotors hang, is tydens die voorval ernstig beseer.

Die meisies het afgeval

Vinita Louw (12) en Nikita Jacobs (13) het glo op ‘n leë konstruksievragmotor wat besig was om te beweeg, gespring. Volgens IOL het ’n ooggetuie gesien hoe die vragmotor tot stilstand kom. Daar word berig die meisies het toe afgeval waarna die vragmotor oor hulle gery het. Die vragmotorbestuurder was waarskynlik onbewus van die meisies wat op die vragmotor was.

Strafbare manslag

Louw is op die toneel dood verklaar en Jacobs is met ernstige beserings na ’n hospitaal gejaag.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rondom die dood van Louw word deur Mitchells Plein-polisie ondersoek. Van Wyk sê volgens verslae het die twee meisies aan ‘n vragmotor gehang toe hulle afgeval het. Hy sê ’n saak van strafbare manslag is geopen.

Volg FiND iT hier.