April 18, 2021

Boer skiet glo aanvaller dood

Foto: Canva

PRETORIA. – ’n Boer het na bewering ’n aanvaller op sy plaas in die Boschkop-gebied doodgeskiet. Waarskuwingskote is afgevuur toe drie mans die huis wou binnedring.

Waarskuwingskote afgevuur

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê die man se alarm het die aand afgegaan. Hy het gaan ondersoek instel en drie mans wat by sy huis wil inbreek, gewaar. Hy het glo op die aanvallers geskreeu. Volgens Makhubele het die boer toe waarskuwingskote afgevuur en die bure gekontak. Met die bure se aankoms het hulle die erf deursoek en op ’n onbekende man se lyk afgekom.

Huisroof en moord

Makhubele sê niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ’n Klag van huisroof en moord word ondersoek.

Dis nie die eerste keer wat so ’n voorval by die plaas gebeur nie. In Julie het aanvallers daarin geslaag om die huis binne te gaan. Die egpaar het weggekruip en oor ’n radio hulp ontbied. Goedere is uit hul huis gesteel.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: