April 19, 2021

Gevangene in Pollsmoor dood na aanval

KAAPSTAD. – ‘n Gevangene is dood in Pollsmoor se tronkhospitaal. Hy het na bewering ‘n bewaarder aangeval en met ‘n skerp voorwerp gesteek.

Kopbesering opgedoen

Die bewaarders het op die spesifieke dag die selle deursoek en ‘n aantal wapens en ingesmokkelde goedere ontdek. Die bewaarders het die gevangenes daarna terug na die selle begelei toe een gevangene ’n bewaarder in die nek en kop gesteek het. Volgens Delekile Klaas, Wes-Kaapse kommissaris vir korrektiewe dienste, het ’n ander bewaarder ingespring om die gevangene te ontwapen. Tydens die voorval het die gevangene glo ’n kopbesering opgedoen en is later dood.

Bendeverwant

Klaas sê die voorval kan bendeverwant wees omdat die gevangene ’n senior lid van die 28s-bende was. Drie aparte ondersoeke – ‘n interne ondersoek, die geregtelike inspeksie van korrektiewe dienste en ‘n polisie-ondersoek – sal plaasvind.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: