Agt EFF-lede op waarskuwing vrygelaat na betoging

Deel hierdie storie / Share this story

BRACKENFELL – Die agt EFF-lede wat Vrydag in hegtenis geneem is by die betoging in Brackenfell, is op waarskuwing vrygelaat.

Dit volg na honderde lede van die EFF weer Vrydag by Hoërskool Brackenfell bymekaargekom het om teen beweerde rassisme te betoog.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, het gesê die verdagtes het Maandagoggend in die Blue Downs-landdroshof verskyn.

Hulle is met ’n waarskuwing vrygelaat en die saak is vir verdere ondersoek tot 12 Februarie uitgestel.

’n Brandweerwa is gedurende die betoging aan die brand gesteek, paaie en verkeersligte is beskadig en ’n stuk veld is ook aan die brand gesteek.