November 23, 2020

Lyk in veld – oom Bushy se dogter

Die lyk wat Woensdagmiddag in ’n veld langs Longstraat gevind is, is as Erica Aldorete (44), dogter van Eric Reginald Oliver, geïdentifiseer.

Oom Bushy was die Griekwa-rugbyspan se gelukbringer en een van hulle grootste ondersteuners. Erica se lyk is deur ’n verbyganger langs Vaal-motors ontdek. Kapt. Segio Kock sê geen vuilspel word vermoed nie, maar ’n nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van haar dood bevestig.

“Enigiemand met inligting kan vir sers. Modise Moshotloa by 082 302 0407 skakel.” Die ondersoek duur voort.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *