November 29, 2020

EFF-lede gaan nou na Hoërskool Brackenfell beweeg

BRACKENFELL. – Die EFF het nou met die polisie onderhandel en 500 mense mag nou aan die optog na Hoërskool Brakenfell deelneem. Die EFF het wel ‘n permit om aan die optog deel te neem, maar slegs 100 mense was aanvanklik goedgekeur. 500 EFF-lede gaan nou na die hoërskool beweeg om ‘n memoradum af te gee.

EFF beweeg hoërskool toe

Die EFF moet self kies watter lede gaan agterbly, aangesien daar ongeveer 2000 EFF-lede in Brackenfell bymekaargekom het. EFF vereis dat die twee onderwysers wat die privaat funksie bygewoon het en die hoof van die skool afgedank moet word.

Die skool en departement het al in die week laat weet die gr. 8 tot 11-leerlinge is aanbeveel om by die huis te bly en hulle eksamens is geskuif. Die matrieks het in ‘n ander lokaal geskryf.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *