November 29, 2020

Tien jaar tronkstraf vir verkragting van verstandelik gestremde vrou

NOORD-KAAP. – Donald Jacob (20) is tot tien jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ’n verstandelik gestremde vrou (18) verkrag het.

Lt. kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê Jacob het die slagoffer en haar vriendin op 27 Maart 2017 gelok deur vir hulle te sê hy gaan vir hulle lekkers by ’n plaaslike snoepie koop. “Op pad het hy die slagoffer na ’n shanty gesleep en haar verkrag.”

Hy is in hegtenis geneem en het verskeie hofverskynings gemaak voordat hy vroeër vandeesmaand skuldig bevind is en tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *