November 29, 2020

Diensstasie se dak val in

VEREENIGING. – Twee mans het vanmiddag aan ernstige beserings ontkom nadat die dak van ’n vulstasie op drie voertuie ineengestort het.

Volgens ArriveAlive het paramedici van ER24 op die toneel opgedaag en gesien die diensstasie se dak het op ’n klein bus, ’n taxi en ’n ligte motorvoertuig ineengestort. Die bestuurders en passasiers het hul toevlug tot die nabygeleë winkel geneem.

Paramedici het die beseerdes ondersoek en bevind dat twee mans, wat vermoedelik in die twintig is, slegs ligte beserings opgedoen het. Gelukkig is geen ernstige beserings of sterftes gevind nie.

Daar word geglo dat die swaar reën en die hael ’n bydraende faktor tot die oorsaak van die ineenstorting was.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *