November 29, 2020

Brackenfell-betoging: Een man is geslaan

BRACKENFELL. – Op ’n uitsending van ENCA-nuus wys dit hoe een man deur EFF-lede geslaan word. Aan die begin van die video praat ’n EFF-lid met die skare en dan word die video op die man wat geslaan word, gefokus.

Dié video volg nadat ’n regstreekse uitsending op ENCA-nuus gewys het hoe die man deur EFF-ondersteuners geslaan word. Daar word beweer die man het vir die EFF gevra waarom hulle so betoog. Geen verdere inligting oor die voorval is bekend nie.

Op die oomblik beveel die polisie die EFF-ondersteuners om die gebied te verlaat. Daar is aan hulle gesê die permit wat hulle toestemming gee om ‘n optog te hou, was net tot 14:00 geldig.

Kyk die video hier –
https://fb.watch/1TuAkmboE9/

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *