November 23, 2020

MasterChef-ster (14) sterf paar jaar na ouers se selfdood

Ben Watkins (14) wat die sesde seisoen van MasterChef gewen het, is dood nadat hy ’n jaar en ’n half gelede met ’n skaars kanker gediagnoseer is.

Trent McCain, die familie se prokureur, het in ’n verklaring die nuus namens sy ouma en oom bevestig. Watkins se ouers het in 2017 selfdood gepleeg. ‘n Paar jaar daarna is Ben met ‘n skaars soort kanker gediagnoseer. Dié soort kanker is nog net by ses mense wêreldwyd aangetref.

Gordon Ramsy het ook sy hartseer oor Watkins se dood in ’n twiet uitgespreek. In die twiet het Ramsy Watkins as ’n talentvolle sjef en sterk jong man beskryf.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *