Drie kinders versmoor toe hulle in vrieskas speel

Foto: Unsplash

NOORDWES – Drie laerskoolkinders het Saterdag toe hulle speletjies gespeel het, in n ongebruikte vrieskas in Mammutla Village in Noordwes versmoor.

Volgens Elias Malindi, woordvoerder van die onderwysdepartement in Noordwes, sê die drie leerlinge van agt en 10 jaar oud het ’n speletjie gespeel om in en uit die vrieskas te kom en het uiteindelik vasgesit en versmoor.

Die leerlinge het by Laerskool Mammutla skoolgegaan.

“Ek wil net namens die departement sê ons medelye gaan uit na die leerlinge se families, asook die skool,” het Malindi gesê.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *