April 19, 2021

Vrou se lyk in Longstraat gevind

KIMBERLEY – ‘n Verbyganger het vanmiddag omstreeks 13:00 op die lyk van ‘n blanke vrou langs Vaal Motors in Longstraat afgekom.

Volgens die omstanders het die vrou gereeld in dié area rondgeloop.

“Sy het nog verby ons geloop in die veld se rigting. Toe sy oor een van die bultjies geloop het, het sy net skielik geval. Ons vermoed dit was ‘n hartaanval,” vertel een van die omstanders.

FiND iT het navraag by die polisie gedoen en wag nog vir terugvoer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: