November 30, 2020

Seun (16) op verjaarsdag dood

BLOEMFONTEIN. – WD Grobler (16) was op sy verjaarsdag met sy KTM-motorfiets op pad skool toe in ’n ongeluk betrokke. Die leerling van Jim Fouché is in ’n kritieke toestand na die hospitaal geneem, waar hy later dood is.

Kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, sê die botsing was tussen Grobler se motorfiets en ’n wit Volkswagen Golf 3 GTS. Volgens Mbambo het ’n 35-jarige man die Volkswagen bestuur.

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Die skool gaan ’n gedenkdiens vir Grobler hou. Die reëlings word nog getref. Daar is nog nie sekerheid oor die begrafnisreëlings nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *