Vrou se liggaam langs die pad gevind

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY – Die liggaam van ‘n vrou (44) is Woensdagmiddag deur ‘n verbyganger in die veld naby Longstraat in Kimberley ontdek.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die polisie vermoed geen vuilspel nie, maar ‘n nadoodse ondersoek sal die presiese oorsaak van haar dood bevestig.

“Die vrou se identiteit kan nog nie bekendgemaak word nie, omdat haar familie nog van haar afsterwe ingelig moet word,” sê Kock. “Enigiemand met inligting kan vir sers. Modise Moshotloa by 082 302 0407 skakel.”