April 23, 2021

Swart Maandag-beweging kanselleer optog by Brackenfell

Foto: 'n Foto van die voorval naby Hoërskool Brackenfell (News24)

KAAPSTAD – Die Swart Maandag-beweging, wat aanvanklik sy lede gevra het om Vrydag die betogings in Brackenfell by te woon, vra nou sy lede, asook lede van die publiek, om eerder nie te naby aan die protesaksie te kom nie.

Volgens Valerie Beylefeldt, een van die organiseerders van die beweging, het die polisie ’n vergadering gehad waarin daar besluit is om vir slegs 100 EFF-lede toestemming te gee om vreedsaam buite die skool te betoog. Die EFF het Dinsdag in ’n amptelike verklaring bevestig dat sy lede weer Vrydag voor die skool sal bymekaarkom.

“Die Swart Maandag-beweging sal steeds teenwoordig wees, maar slegs agter die afgebakende gebied,” sê Beylefeldt. “Ons wil ons lede vra om nie te naby te gaan nie. Die polisie het gesê hulle sal nie skroom om op te tree teen diegene wat hulle reëls oortree nie.”

Die EFF betoog teen beweerde rassisme na matrikulante van dié skool ‘n privaat funksie gehou het en ‘slegs wit leerlinge uitgenooi is’. Lees meer hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: