Bloemfontein-boeties grawe eie swembad

Foto: HUisgenoot/ Geen Pretensie-facebook

VRYSTAAT. – Die boeties, Phillip (11) en Janco (9) Weldhagen van Bloemfontein het tydens die inperking hulle ouers vir ’n swembad gevra en gesmeek. Hulle ouers se raad en antwoord op die vraag was kortliks – kry ’n graaf en ’n kruiwa.

As jy dit self doen

“Ons wou vir hulle leer met harde werk kan jy die vrugte pluk. Dit is maklik om iemand te kry om die werk vir jou te doen, maar as jy self die tyd en moeite insit, is dit net soveel meer lonend,” sê Nerika Weldhagen, ma van die boeties, aan Huisgenoot.

In ’n swembad baljaar

Volgens Nerika en haar man, Jaco, het die seuns nie twee keer gedink voordat hulle die nodige gereedskap gegryp het om die gat te begin grawe nie. Die ouers het kwotasies begin kry vir ’n dop vir die swembad, maar hulle het volgehou dat die seuns self moet inspring indien hulle die somer in ’n swembad wil baljaar. Die ma het aan die tydskrif gesê daar was later al blase op die twee se hande soos hulle gegrawe het. Sy sê as een van hulle wou opgee, het die ander een hom moed ingepraat en gevra: “Wil jy nog ’n swembad hê? Nou, grou!”

Ses weke later

Die buurvrou se dogter het ook later ingespring en gehelp. Saam met haar plus Ma en Pa se hulp is die gat gegrawe en die dop ingesit binne net ses weke. Die ouers voel hulle moet hulle kinders leer dat niks in die lewe verniet is nie. Hulle sê hulle kon die seuns leer dat mens moet hard werk om iets in die lewe te bereik.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: