Nog geen verdagtes vas vir moord op Upington-vrou

Foto: eNCA

UPINGTON – Geen verdagtes is nog vir die moord op Johanna (Hannetjie) Kruger in hegtenis geneem nie. Só sê kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap.

Kruger se liggaam is Maandagmiddag ongeveer 13:00 deur ’n familielid by haar huis op Middelpos in Upington ontdek. Sy het wonde aan haar nek en gesig gehad.

Die polisie ondersoek nou ook ’n saak van huisbraak na hulle vasgestel het ’n .38-Special-vuurwapen is uit die huis gesteel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: