December 2, 2020

Meisie (13) gedwing om met man (48) te trou

FILIPPYNE. – ’n Meisie (13) hier is gedwing om met ’n man (48) te trou. Sy is nou die man se vyfde vrou en hy beplan om saam met haar kinders te hê wanneer sy 20 jaar oud word.

Skok-foto’s van die troue tussen die man en die meisie doen die rondte op sosiale media. Die foto’s wys hoe die man die kinderbruid op 22 Oktober 2020 in die stad, Mamasapano, vashou. Op ’n ander skokkende foto kan gesien word hoe hy die kind op die wang soen.

Beplan om kinders te hê

“Ek is bly dat ek haar gevind het en my dae saam met haar kan deurbring en dat sy my kinders kan versorg,” het die man volgens iheartintellegence gesê.

Hy beplan om kinders met sy nuwe vrou te hê sodra sy 20 word. Hy het ook gesê hy sal haar skool toe stuur sodat sy opgevoed kan word terwyl hy wag dat sy gereed is om kinders te hê.

Kinders mag trou sodra hulle begin menstrueer

In sommige dele van die land, veral plekke met ’n Moslem-meerderheidsbevolking, mag kinders trou sodra hulle begin menstrueer.

UNICEF-statistieke toon dat die Filippyne die 12de hoogste aantal kinderbruide ter wêreld het, wat tans 726,000 gevalle behels.

Lees meer stories hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *