April 18, 2021

Boer ontduik plaasaanval

Foto: Verskaf

VRYHEID, KWAZULU-NATAL. – Jarnu Knoetze, ’n boer van Vryheid in KwaZulu-Natal, het Maandagaand om 20:15 op ’n grondpad na sy plaas gery toe ’n onbekende aantal aanvallers op hom begin skiet het.

Knoetze het aan FiND iT bevestig beide sy bakkie se ruite is uitgeskiet, maar hy het gelukkig nie in die aanval seergekry nie.

“Ek het gestop, ses waarskuwingskote afgevuur, in die bos weggekruip en vir hulp gebel,” sê hy. “Van die omliggende boere, sekuriteitsmaatskappye en die polisie het reageer en almal het na die verdagtes gesoek.”

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, sê ’n saak van poging tot moord is oopgemaak. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: